Posts

Showing posts from February, 2017

Roland & Felicia's Wedding Day 26 Nov 2016

Image
Roland & Felicia Dit was 'n baie warm, helder karoo son dag gewees. Ek ontmoet vir Felicia by haar sussie se huis waar sy haar hare, make-up laat doen het en haar sussie en pragtige dogter haar aangetrek het. Felicia is so 'n stil dame en dra nooit make-up nie, maar vir haar spesiale dag het sy behoorlik gestraal. Ek het nog nooit 'n bruid gesien wat so op tyd was en reg vir die groot dag soos Felicia nie, alles was op tyd, so dat sy selfs bietjie moes wag in die kar om in te gaan kerk toe. Roland en Felicia is al 'n paar jaar saam en het twee pragtige kinders, maar die oomblik toe hulle mekaar sien was groot, selfs ek moes 'n traan af vee. Hoe pragtig is dit om deel te wees van twee mense se ware liefde wat hulle kan deel met ander. Na Kerk is ons deur na 'n pragtige tuin in Adendorp, waar ons gou 'n paar oomblike kon steel en familie herrineringe kon vas lê. Ons het al ons dae gehad met die skerp son en lastige briesie, maar Roland en Felicia maak d